Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent,...

20
Nuusbrief 3 Vrydag, 29 Januarie 2016 www.wouwtjies.co.za Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 Jy kan ook op ons voorblad adverteer! Kontak: [email protected] LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

Transcript of Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent,...

Page 1: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

Nuusbrief 3 Vrydag, 29 Januarie 2016 www.wouwtjies.co.za

Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847

J

y ka

n o

ok o

p o

ns

voorb

lad a

dve

rtee

r! K

on

tak:

lisa

@w

ou

wtj

ies.

co.z

a

LW

: P

rod

ukte

/Die

nst

e h

ier

gea

dver

teer

wo

rd n

ie n

ood

wen

dig

deu

r d

ie s

ko

ol

gek

on

do

nee

r n

ie.

Page 2: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

2

2

VAKATURE

Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting.

Kandidate wat ervaring het van rugby-, atletiek- en krieketafrigting word uitgenooi om u CV na [email protected] te stuur.

Meld ook asseblief u prestasies wat u in die onderskeie sportsoorte behaal het.

Voorkeur sal gegee word aan kandidate wat onderwys studeer.

Aansoeke sluit 1 Februarie 2016.

SKOOLGELDE Ouers kan kragtens Artikel 41(5)(a) van die Wet aansoek doen om vrystelling of gedeeltelike vrystelling van skoolgelde soos voorsien kragtens Artikel 39 van die Wet en die regulasies wat daarby aansluit. Indien ‘n ouer volgens die riglyne van die Onderwyswet van SA kwalifiseer vir die kwytskelding van sy/haar skoolgeld en al die nodige dokumente is deur die Beheerliggaam ontvang, sal die kwytskelding volgens die neergelegde glyskaal toegestaan word. Aansoeke sluit 29 Februarie 2016.

Vakature: Pre-primêr Naskool ‘n Vakature vir Pre-primêr Naskool personeel is beskikbaar vanaf

1 Februarie 2016.

Ervaring van Pre-primêre onderrig sal as aanbeveling dien.

Kontak Elmarie 082 730 2022

Page 3: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

3

3

Beplan vooruit!

Bestel jou Wat Nouw? Skoolkoerante vir 2016 Die Wat Nouw? is Laerskool Anton van Wouw se leerdergedrewe

skoolkoerantjie wat in 2014 in Media 24 se Nasionale

Skoolkoerantkompetisie weggestap het as die beste skoolkoerant in

Gauteng! Daar is altyd hope nuus om te lees, lekker aktiwiteite om te doen

vir alle ouderdomme asook pretkompetisies.

Maak seker dat jy nie ’n uitgawe misloop nie! Bestel nou reeds jou

kwartaallikse uitgawe van die koerantjie teen ’n afslagprys van R25 vir al

vier uitgawes. Indien jy dit aan die einde van elke kwartaal koop, sal die

koerante teen R7,50 per uitgawe beskikbaar wees.

Voltooi die onderstaande skeurstrokie en plaas dit tesame met jou R25 in ’n

koevert. Handig so gou moontlik die koevert by jou

registeronderwyser in. Hierdie aanbod sluit op 8 Februarie.

Vriendelike groete

Koerantredaksie

----------------------------------------------------------------------------------------------------

Spesiale aanbod: Wat Nouw? Skoolkoerant teen R25 vir vier uitgawes

Naam en van: _________________________________ Graad: ____/____

Ek bestel graag die Wat Nouw? Skoolkoerant vir die volgende vier kwartale

teen R25 vir al vier uitgawes, en sluit hierby my R25 in.

_______________________ ________________________

Handtekening van ouer/voog Kontaknommer

Page 4: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

4

4

Page 5: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

5

5

Page 6: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

6

6

Ma’s wat omgee ‘Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!’ (Num 6:24-26)

'The Lord bless you and keep you; the Lord make his face to shine upon you and be gracious to you; the Lord lift up his countenance upon you and give you peace.’ (Num 6:24-26)

REDENAARS

Inligting rakende Redenaars 2016

Die interne redenaarsuitdunne van die skool vind plaas op die volgende datums:

29 Februarie 2016 vir die Graad 1 – 3 sowel as die Graad 4 – 5 leerders. 1 Maart 2016 vir die Graad 6 – 7 leerders.

Enige leerder mag aan hierdie interne uitdunne deelneem. Na aanleiding van die punte wat deur die eksterne beoordelaars toegeken word, sal daar 5 leerders uit elke afdeling aangewys word wat die skool by die ATKV se kompetisie sal verteenwoordig. Hierdie ATKV kompetisie vind plaas op 22 en 23 April 2016 by Hoërskool Menlopark. (Daar is ook gedurende Septembermaand geleentheid om aan die Radikale Redenaarsfees deel te neem, maar dit het niks met hierdie eerste rondte uitdunne vir die ATKV te doen nie.) Enige leerder wat graag hierdie jaar aan Redenaars wil deelneem, kan ‘n inligtingstuk by my kom afhaal of u kan my skakel by 0834544457.

Hoop om almal van julle te sien by die Redenaars 2016.

Me. Sonia van Rooy

(0834544457)

Page 7: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

7

7

FOTODAG: WOENSDAG 17 FEBRUARIE 2016

Die eerste fotodag vir 2016 is om die draai. Op Woensdag, 17 Februarie 2016 word die volgende foto’s geneem. Let asseblief op die korrekte kleredrag wat leerders moet saambring skool toe.

Na afloop van die fotodag sal u geleentheid kry om die foto’s te bestel. Hou

asseblief die nuusbrief dop vir meer inligting.

FOTO KLEREDRAG

Klasgroepe Individuele foto's Gr. 2 - 7

Netjiese somersdrag,

met skoene en kouse, en geen naambalkies, vir alle foto’s.

Gr.7 komitee Hoofleiers

Gr.7 komitee Envirouw Komitee

Gr.7 komitee Data-kommunikasie Komitee

Gr.7 komitee Skolierpatrollie

Gr.7 komitee Media komitee

Gr.7 komitee Entrepreneurskomitee

Spesialiskomitee Uitreikkomitee

Spesialiskomitee Koerantredaksie

Atletiek Atletiek: Juniors

Atletiek Atletiek: Seniors

Atletiek Atletiek: Cluster

Atletiek Atletiek: Distrik

Atletiek Atletiek: Gauteng Kampioenskappe (indien enige)

Kwartaal 1 Toastmasters

Page 8: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

8

8

Sweef Dramaklasse word aangebied vir klein groepe van maksimum 3 per klas!

Kommunikasie Afdeling:

Ons bied hulp met REDENAARS, ONVOORBEREIDE PRAATJIES (met bronver-

wysingstegnieke), KONFLIKHANTERING (as deel van ons interpersoonlike

kommunikasiekursus) EN LYFTAAL.

Drama Afdeling:

Kunswedstryd Afrig;ng, Mimiek, Krea;ewe Denke en Heerlike Konsert optredes.

Drama- en Kommunikasievaardighede verbeter:

Selfvertroue, krea;ewe denke, konsentrasie, ruimtelike vaardighede, taalvaar-

dighede (Afrikaans en Engels), emosionele intelligensie en ontspanning volgens die

Chladek-bewegingstegniek.

Fasiliteerders: Celia van den Berg (D Phil in Neuro-opvoedkundige Drama)

Louis Fourie (B Tek Drama)

Kontak: Celia 082 5655 082 of [email protected]

Lees meer op: h>p://sweefdrama.co.za

MUSIEKSENTRUM

Daar is nog enkele plekke vir klavier-, viool- of sanglesse oop by Anton van Wouw se MUSIEKSENTRUM. Kontak die volgende onderwysers indien u belangstel:

Klavier: Elri by 083 642 3219

Viool: Joy by 076 259 4383

Sang: Nadya by 082 767 6518

Page 9: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

9

9

Die Voortrekkers (Dirkie Uys Kommando)

Eerskomende Maandag kom almal om 16:30 by die spansentrum bymekaar. Ons gas is Anria van Heerden van “Caring Daisies”. Anria gaan die kinders meer vertel van liefdadigheidswerk en fondsinsamelings, sodat elke span hierdie jaar hulle omgee projek kan aanpak met beter kennis en begrip.

Kom ons probeer vanjaar om so ver as moontlik om alle papierwerk te skandeer en per e-pos terug te stuur aan die admin persoon van u span, of u span se offisier. Dit maak die proses makliker vir almal en die kans dat papierwerk verlore gaan is uitgeskakel met e-pos.

Kinders se inskrywing as lid/ voortsettingsvorm moet asseblief so gou as moontlik voltooi en deurgee word. Onthou asseblief ook die getekende betalings ooreenkoms en die bewys van betaling.

Ons hoop om vanjaar al die Penkoppe en Drawwertjies en hul ouers by ons Kommandokamp te sien. Die inskrywings vir die kommandokamp (19-21 Februarie) sluit 5 Februarie. Maak asseblief seker die span se admin persoon ontvang die dokumentasie en bewys van betaling betyds. Indien u dit reeds ingegee het bevestig asseblief net met u spanoffisier by wie u dit ingedien het.

Voriegroete

Pieter van der Zwaard by

[email protected]

082 556 3596

Page 10: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

10

10

Page 11: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

11

11

Page 12: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

12

12

Page 13: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

13

13

Bel ons vir jou Kommersiële & Industriële

Eiendom’s behoeftes!

Areas: Route 21 Corporate Park, Centurion & Louwlardia

T 012 345 55 55

[email protected]

www.abacusdivisions.co.za

Page 14: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

14

14

TENNIS

GAUTENG-NOORD LAERSKOLE TENNISKAMPIOENSKAPPE 2016

DATUM: 9 – 12 FEBRUARIE 2016

PLEK: GROENKLOOF TENNISKLUB

TYD: 14:00 – 17:30

KOSTE: R295 PER INSKRYWING

SLUITINGSDATUM : VRYDAG 5 FEBRUARIE 2016

Die skool moet die leerders inskryf en daarom vra ons dat die kinders se inskrywingsvorms teen DONDERDAG, 4 FEBRUARIE by juf. Karen van Rooyen ingegee sal word.

Page 15: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

15

15

NB: ALGEMEEN

• Alle rugby en netbaloefeninge begin amptelik op 15 Februarie 2016

• Alle sportmeriete trofees moet asb. voor of op 20 Februarie ingehandig

word.

• Die Gr 1-3 swemgala word verskuif van 2 Februarie na 11 Februarie.

Die gala begin om 13:30.

Wouwtjies Bulletjierugby Komende week skop ons Bulletjierugby af met ‘n Oorsig vir Ouers in die skool se amfi af. Datum: 2 Februarie - 17:30 Alle Gr.R tot Gr.2-Ouers wat graag hul kinders wil laat

speel, is baie welkom om by ons aan te sluit!

Oefening: Dinsdag- en Donderdagmiddae

Vanaf 16:30-17:30 by Brünslichpark in Julius

Jeppestraat.

Eerste oefening : Dinsdag, 9 Februarie

Sien julle almal daar!

Pa’s… Herhaal asb: “Ek wil graag ‘n Bulletjie afrigter wees in 2016!”

Vir enige navrae WhatsApp gerus: Andrew – 0828542641 of Jaco - 0827172348

Page 16: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

16

16

Herwinning

Hoe werk herwinning by Laerskool Anton van Wouw?

Ons verduidelik graag , hoe ons nuwe herwinningstelsel werk. Ons maak van die herwinningsmaatskappy Wategroup gebruik. U kan enige oggend van die week u herwinbare goedere (soos hieronder uiteengesit )in die verskafde groen sak, aflaai by die herwinningsterrein wanneer u, u kinders aflaai by die skool. Die herwinningsterrein is in Langestraat geleë. Slegs glas, broodknippies en jogurthouertjies word apart herwin. Al die ander herwinbare goed word deurmekaar in die groen herwinningsak geplaas. In die oggende voor skool is ons Graad 7 herwinningsleiers daar aan diens om hand by te sit met die aflaai van goedere , uitdeel van herwinningsmuntstukke en verskaf van nuwe groensakke. Die herwinningsmuntstukke word saam met u kinders na hul registerklasse geneem waar hulle dit in ‘n spesifieke lêersakkie plaas. Aan die einde van elke kwartaal word die outjies wat die meeste herwin het beloon. Glas

Die kompetisie tussen skole om te kyk wie die meeste glas herwin begin weer die jaar.. Bring dus asseblief al jou glas skool toe vir die groot groen glasbanke. Onthou asseblief om dit nie met jul plastiek en papier te meng nie. Indien daar ouers met besighede is wat bereid is om hulle glas aan ons te verskaf kontak asseblief vir juffrou Anè Friedrich by [email protected] . Karton en papier Alle papier, koerant, tydskrifte en platgedrukte karton word in die groensak geplaas. Blikke en plastiek

Alle uitgespoelde plastiekhouers, sakke en bottels , asook uitgespoelde blikke en enige Tetra Pak (dit is bv. sap- en melkbokse wat met foelie uitgevoer is) word ook in die groensakke geplaas. Draai asseblief alle bottels se proppe af en gooi dit los in die sak. Batterye en inkkassette

Bring ook inkkassette skool toe. In Juf. Anè se klas is daar ‘n houer vir inkkassette. Kom kry daar jou “token” indien jy van kassette herwin! Batterye word nie meer by die skool herwin nie u is egter welkom om self by Pick n Pay te gaan herwin. Elektroniese herwinning(e-waste) Van die jaar af doen ons ook elektroniese toerusting herwinning. Alles wat werk met elektrisiteit of batterye en wat jy nie meer gebruik nie of dit funksioneer nie meer nie word geklassifiseer as elektroniese herwinning. Die e-waste dag vir die eerste kwartaal is Vrydag, 17 Maart. Bêre dus al jou e-waste en bring dit 11 Maart skool toe. Daar sal groenmuntstukke uitgedeel word vir e-waste.

Skakel my gerus indien daar enige navrae is.

Envirouw-groete

Juffrou Anè Friedrich [email protected]

Page 17: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

17

17

Page 18: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

18

18

Ultimate Kitchens Kombuise & ingeboude kaste

Studeerkamers

‘Dry walling’ & Plafonne

Teëlwerk & verfwerk

3D-program. GRATIS KWOTASIES

Glen Lord : 082 788 2772

Ultimate upholstery Herstoffering van meubels

Maak van kussings

Ottomans en headboards

‘Pelmits’

Gordyne & Blindings

Binnehuisversiering

Christa : 082 376 7605

Jy kan ook hier adverteer! Kontak: [email protected] LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.

VARS PLAAS EIERS R35.00 GROOT (30) (51-58 GRAM)

R40.00 EKSTRA GROOT (30) (59-65 GRAM) SKAKEL VIR BESTELLING EN AFLEWERING

COBUS 084 7770 205 OF AMELIA 083 2293 511

Student gesoek om Gr. 4-dogter Maandae, Woensdae en Vrydae-

middae na buitemuurse aktiwiteite te vervoer.

Kontak Marelie 083 634 9821

Wehann Gouws (21) soek au pair, drywer, bode of ander werk. Eie

vervoer en bestuurslisensie. R3/km en R50/uur. Woon in Groenkloof.

Verwysing: Cobie Odendaal 082 337 5616. Kontaknommer

Wehann: 082 222 0729

Afrikaans- en Engelse leeslesse uitgewerk om jou kind se volmaakte

leesvaardigheid en -begrip te bevorder. Skryf NOU in, klasse begin Februarie

2016! GR 1 tot Gr 7

Alicia 0795166304

Christina soek nog twee dae deeltyds werk:

Sagte geaardheid, goed met kinders en

intelligent – sy het sertifikaat in

kantoorbestuur in Mei 2014 voltooi. Het drie

jaar in Anton v Wouw se snoepie gewerk.

Skakel: 083 654 9612

Page 19: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

19

19

BETROUBARE TUINWERKWER SOEK WERK VIR MAANDAG

EN VRYDAG. SKAKEL ALET:

082 3715477

Uiters betroubare huishulp op soek na werk a.g.v. eienaar

wat verhuis. Skakel Augusta den Boer

082 573 4867

Baby Jogger Q-series jogging stroller for sale (Red)

Baby Jogger Q-series three wheel jogging stroller for sale - in excellent condition (only used for one

child for a very short period). Has an outer cover for rain/wind. Price R3 000 (normally priced at R7 000,

discontinued in SA). For photos, please email [email protected]

or contact me on 083 399 3239.

Sukkel jou kind met lees of spelling?

Geïntegreerde leesprogram vir jong lesers word aangebied deur Marlé!

(opgelei deur Marita Prinsloo). Alle grade Gr R-Gr 2.

Uitstekende resultate! 083 291 1130

Joshua Madzimire bly as toesighouer op

‘n erf in Sunnyside maar soek werk

Maandag tot Donderdag – drywer /

bouhandlanger / tuinwerk / algemeen in

die week. Vrydae werk hy vir sy verblyf .

Baie betroubaar en het ook sy eie kar.

Goed Engels magtig (lees/skryf). Het ‘n

wettige paspoort. Verwysing: Cobie

Odendaal 082 337 5616. Kontaknommer

Joshua: 072 466 4253

Gift Salome soek stukwerk op ‘n Dinsdag,

Donderdag en Saterdag. Sy werk Maandag,

Woensdag en Vrydag by my in Groenkloof.

Sy het matriek en het ook al ‘n kookkursus en

IT kursus gedoen. Baie fluks en oulik. Kan

Engels praat, lees en skryf en beperk

Afrikaans. Verwysing: Cobie Odendaal

082 337 5616. Kontaknommer Gift: 074 233

Abraham, ons betroubare tuinier, is in sy veertigs en Vrydae

beskikbaar vir tuinwerk. Skakel Abraham: 078 1005800 of

Ockert vir verwysing 0832963899

Maria vra stukwerk op Woensdae en Vrydae in Pretoria. Ook bereid om in te woon en die twee dae te werk. Dekades

ondervinding, praat Afrikaans. Betroubaar. Maria 0735356808.

Verwysing:

Samson soek nog twee dae tuinwerk: Harde, betroubare en netjiese werker. Doen ook bou-

en pleisterwerk.

Skakel: 083 654 9612

Page 20: Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat

20

20